Wednesday, October 6, 2010

Skryf 'n Storie

Onbekende skrywers, gepubliseerde skrywers en selfs wanneer iemand namens jou skryf - enigeen is welkom om stories in te stuur om ingesluit te word in "Kontreistories"!

Ons almal het al beleef hoe iemand 'n storie vertel en wanneer die storie klaar vertel is merk een van die ouens wat geluister het op: "Ons moes dit op band opgeneem het. Ek wonder hoe kan ons hierdie storie vir die nageslag bewaar?"

Wel, Kontreistories gaan probeer om hierdie kosbaarhede vir ons kinders en hulle kinders beskikbaar te stel en te bewaar.

Hou die blog dop vir die temas en plekke waarvoor stories gevra word sodat jy dit betyds kan stuur. In 'n neutedop is die proses soos volg:
  • Skryf 'n storie of gaan soek jou argiewe deur vir net die regte een.
  • Proeflees en skaaf so bietjie daaraan sodat dit so om en by 2 500 woorde is.
  • Voorsien in Microsoft Word en epos na Groep 7 Drukkers en Uitgewers voor die sluitingsdatum.
  • 'n Groep kundiges evalueer die stories gemeet aan die leuse en onthou, humor bly nog altyd 'n wenner.
  • Ongeveer 20 stories word gekies vir elke boek. 20 Verskillende outeurs! 
  • Elke boek behoort 150 tot 200 bladsye kosbaarhede te bevat.
  • Indien jou storie geplaas word ontvang jy 5 gratis boeke.
  • Ons stuur ook 5 gratis boeke aan elke fotograaf wie se foto op die buiteblad gebruik word.
  • In plaas daarvan om die tantieme deur 20 te deel en aan die 20 skrywers uit te keer, gaan dit aangewend word om Afrikaanse literatuur en opleidingsmateriaal aan kinderhuise beskikbaar te maak.

1 comment:

  1. Hierdie is so 'n uitstekende breinkind, dit mag nie verlore gaan nie. Ons doen 'n beroep op almal wat hulself Afrikaners noem om hier 'n nalatenskap te kom neersit. Hierdie kleinode moet vir die nageslag bewaar word.

    ReplyDelete